Saturday, April 29, 2006

Ons vriende in Dubai


Ek, Sue-Mae en Luigi by die World Cup. Hulle kom altwee van Worchester af.




Bennie saam met Rialine (ons buurvrou van die Kaap) en haar ou Ahmad by 'n kuierplek langs die Burj Al Arab.

Sunday, April 23, 2006

Die drie kinders


Die kinders by Dreamland, 'n waterpark in Umm Al Quwain.

Roshan - ons "house boy" van Sri lanka

Roshan met sy kort hare besig in die kombuis.






Roshan tydens ons "beer tasting evening" by ons huis.

Tuesday, April 18, 2006

Bennie en Zelda

Kersfees 2005


Links is ek en Bennie net voordat ons vertrek het na die Dubai World Cup perderesies.

Regs is ek en Bennie oppad na Seville's om te gaan uit-eet op ons 18de huweliksherdenking.

Friday, April 14, 2006

Ons gesin


Hier het ons die 3km Dubai marathon "fun run" gehardloop. Bennie het die oggend die 10km gehardloop en toe doen hy die 3km weer saam met ons.

Hierdie was ons kersfeesfoto van 2005. Ek het dieselfde week my nuwe geel karretjie gekry.

Hier is 'n paar foto's waar ons almal bymekaar is. Sulke foto's is raar, want ons kry nie die vyf van ons om lank genoeg stil te sit sonder dat iemand 'n "tantrum" gooi oor die foto-nemery nie.

Die foto van ons almal op die trappie voor ons villa is die foto wat eintlik in die Huisgenoot gepubliseer moes gewees het saam met Bennie se artikel, maar ons het die foto te laat ge-e-mail.

Zelda

My tjor.

Lyk ek nie te modieus in my swart Arabiese rok nie?























Hier is ek sodat julle ook op hoogte kan bly met my dinge.
Op die foto regs is ek saam met die twee "Personal Fitness trainers" wat saam met my werk. Najoua (links) kom van Tunisie af, en Ruth (regs) is van die Fillipyne.

Bennie


Bennie en van ons Afrikaanse pelle op die "South African Freedom Day" in Mei 2006. Dit is gehou by die Le Meridien Mina Seyahi. Lekker potjiekos, melktert en pannekoek. (Vreet, vreet, vreet!!!)

Bennie with Catboy and Chris Fischer in the 92FM studio in Dubai.


Ben en sy kamp op die strand.

Mr van Rooyen
Bennie saam met die radio omroeper Chris Fischer "live" op radio met die besoek van Dubai 92 FM aan Safa School.



Bennie saam met die kinders wat by hom Afrikaanse klasse kry.




Bennie is 'n yster en hy is my "hero".

Layla

Layla op die "South African Freedom Day". Sy lees haar "DOLLY magazine" wat maandeliks ingevoer word van Australie af.


Layla die model.



Layla in Ski Dubai.




Layla se limo verjaarsdagpartytjie.




Layla is nog steeds mal oor haar katte. Hier is sy saam met "Tikki" en "Kitti".

Benjamin




Waatlemoen-eet kompetisie op "South African Freedom Day". Benjamin eet laat die pitte spat!!










Benjamin doen die "macarena" op "South African Freedom Day".



Benjamin se klas (3L) 2006.
Soek die blonde-koppie.
(Heel voor).




Agter die bord is Benjamin (regs).



Die SEVENS is groot pret vir oud en jonk, nugter en dronk! (Benjamin val in die nugter en jonk kategorie).

Benjamin was "Huckleberry Finn" op hulle "dress-up-like-a- character-in-a-book-day".

Benjamin en Arjun.


In front of the Burj Al Arab.




"Wall climbing" in Sahara Centre.





Skool is een groot fees, want pouses speel hulle rugby.
















Benjamin geniet sy sport. Hy dink ek is maar taamlik onnosel omdat ek nie die sokkerspelers se name, afrigters se name en spanne ken nie. Hy is ook baie teleurgesteld in sy Ma, omdat ek nie die "averages" van die krieketkolwers ken nie.

Ruben

Ruben se klas. (1C - Camels) 2006.















Ruben op sy "speed boat".


Ruben se idee van strand pret met 'n vlieer.



Jamal die kameel is Ruben se klas kameel. As jy soet was mag jy die kameel vir die naweek huistoe vat en saam winkels toe. Hier koop Ruben vir jamal skoene.






Regs is die boer besig om te braai.







Ruben het by my werk kom kuier en toe gaan kyk ons na die nuwe sportsentrum wat hulle besig is om te bou. Lyk hy nie te oulik met sy harde hoed nie?



Ruben kan nooit genoeg ekstreme dinge uitdink om te doen nie. Hy het besluit dat sy hare 'n "kick start" nodig het. Julle wil nie weet hoe die kussing gelyk het waarop hy geslaap het nie! Hy het net geweier om sy hare te was voor slaaptyd.