Saturday, August 04, 2007

Sukau


Ons blyplek was letterlik aan die einde van die cul-de-sac in die reenwoud van Borneo in. Dit was 'n fantastiese ervaring. Ons het bootritte gedoen en baie diere gesien. Daar was baie goggas, vlermuise en muskiete was 'n pes. Die mense was vreeslik vriendelik en ons het dit daar geniet.

Die bok het 'n identiteitskrisis, hy dink hy is 'n hond.

Wednesday, July 25, 2007



Ek het my soos 'n regte toeris gedra en 'n coconut gedrink.



Ek was mal oor die waterbotteltjie. Dit lyk soos 'n "hipflask" en haak aan jou broek. Bennie en die kinders het my heel snaaks aan gekyk as ek so loop met die water aan my broek gehaak.



'n Baie vriendelike Malay dogtertjie op die groentemark in Kota Kinabalu.



Die baba slaap in 'n hangmat bokant die groentestalletjie op 'n mark in Kota Kinabalu.

Kota Kinabalu

Ben pas 'n hoed aan in Kota Kinabalu terwyl Layla weghol en maak of sy hom nie ken nie.

Langkah Syabas beach resort



Ek en Benjamin op die strand by Langkah Syabas beach resort voordat ons "tan" ingeskop het.

Ek en Ben by die restaurant


Die foto is geneem by Langkah Syabas beach resort se restaurant in Kota Kinabalu.


Ons hou vakansie in Borneo Malaysia en ons is huidiglik in Kota Kinabalu. Ons bly in 'n chalet baie naby aan die strand in die vakansie oord Langkah Syabas. Dit is prentjie mooi hier en die weer is warm. Dit reen elke middag, maar dit is nie koud nie.

Wednesday, May 10, 2006

In en om ons villa

Wanneer "locals" trou, dan sit hulle liggies oor hulle HELE huis en tuin. Wanneer 'n mens al die liggies sien, dan weet jy om jouself reg te maak vir 'n raserige Arab partytjie en 'n bok word geslag op die sypaadjie voor hulle villa.

Hier is twee foto's van ons bure se huis. Dit het die hele nag gevoel of die son nog skyn, so lig is dit. Soos julle kan aflei, betaal "locals" nie vir elektrisiteit nie.




Saturday, April 29, 2006

Ons vriende in Dubai


Ek, Sue-Mae en Luigi by die World Cup. Hulle kom altwee van Worchester af.




Bennie saam met Rialine (ons buurvrou van die Kaap) en haar ou Ahmad by 'n kuierplek langs die Burj Al Arab.

Sunday, April 23, 2006

Die drie kinders


Die kinders by Dreamland, 'n waterpark in Umm Al Quwain.

Roshan - ons "house boy" van Sri lanka

Roshan met sy kort hare besig in die kombuis.






Roshan tydens ons "beer tasting evening" by ons huis.

Tuesday, April 18, 2006

Bennie en Zelda

Kersfees 2005


Links is ek en Bennie net voordat ons vertrek het na die Dubai World Cup perderesies.

Regs is ek en Bennie oppad na Seville's om te gaan uit-eet op ons 18de huweliksherdenking.

Friday, April 14, 2006

Ons gesin


Hier het ons die 3km Dubai marathon "fun run" gehardloop. Bennie het die oggend die 10km gehardloop en toe doen hy die 3km weer saam met ons.

Hierdie was ons kersfeesfoto van 2005. Ek het dieselfde week my nuwe geel karretjie gekry.

Hier is 'n paar foto's waar ons almal bymekaar is. Sulke foto's is raar, want ons kry nie die vyf van ons om lank genoeg stil te sit sonder dat iemand 'n "tantrum" gooi oor die foto-nemery nie.

Die foto van ons almal op die trappie voor ons villa is die foto wat eintlik in die Huisgenoot gepubliseer moes gewees het saam met Bennie se artikel, maar ons het die foto te laat ge-e-mail.

Zelda

My tjor.

Lyk ek nie te modieus in my swart Arabiese rok nie?























Hier is ek sodat julle ook op hoogte kan bly met my dinge.
Op die foto regs is ek saam met die twee "Personal Fitness trainers" wat saam met my werk. Najoua (links) kom van Tunisie af, en Ruth (regs) is van die Fillipyne.

Bennie


Bennie en van ons Afrikaanse pelle op die "South African Freedom Day" in Mei 2006. Dit is gehou by die Le Meridien Mina Seyahi. Lekker potjiekos, melktert en pannekoek. (Vreet, vreet, vreet!!!)

Bennie with Catboy and Chris Fischer in the 92FM studio in Dubai.


Ben en sy kamp op die strand.

Mr van Rooyen
Bennie saam met die radio omroeper Chris Fischer "live" op radio met die besoek van Dubai 92 FM aan Safa School.



Bennie saam met die kinders wat by hom Afrikaanse klasse kry.




Bennie is 'n yster en hy is my "hero".

Layla

Layla op die "South African Freedom Day". Sy lees haar "DOLLY magazine" wat maandeliks ingevoer word van Australie af.


Layla die model.



Layla in Ski Dubai.




Layla se limo verjaarsdagpartytjie.




Layla is nog steeds mal oor haar katte. Hier is sy saam met "Tikki" en "Kitti".

Benjamin




Waatlemoen-eet kompetisie op "South African Freedom Day". Benjamin eet laat die pitte spat!!










Benjamin doen die "macarena" op "South African Freedom Day".



Benjamin se klas (3L) 2006.
Soek die blonde-koppie.
(Heel voor).




Agter die bord is Benjamin (regs).



Die SEVENS is groot pret vir oud en jonk, nugter en dronk! (Benjamin val in die nugter en jonk kategorie).

Benjamin was "Huckleberry Finn" op hulle "dress-up-like-a- character-in-a-book-day".

Benjamin en Arjun.


In front of the Burj Al Arab.




"Wall climbing" in Sahara Centre.





Skool is een groot fees, want pouses speel hulle rugby.
















Benjamin geniet sy sport. Hy dink ek is maar taamlik onnosel omdat ek nie die sokkerspelers se name, afrigters se name en spanne ken nie. Hy is ook baie teleurgesteld in sy Ma, omdat ek nie die "averages" van die krieketkolwers ken nie.